FANDOM

1,949,219 Pages

StarIconGreen
LangIcon
Dowwe Blou Beleid

This song is by Foto na Dans and appears on the album Pantomime Op Herwinbare Klanke (2008).

<Verlaat die stad en reageer op blou
Ons is konstant omring met 'n landskap wat jou
onverwags saamsleep
En wyse bome wat hier reg voor jou ontvou
Hier sluimer en daar versigtig versteek
In seer lê daar gewoonlik
besit van 'n heimlike verhaal
'n boodskap vol kleure en potensiaal
Bekroon die wagter
wie ons nader gaan lei
aan volmaaktheid
Waar ons mekaar weer sal vermy

In sy struikel na onder sien hy iets verbyflits
Dryf in wonder die figuur wat hy vermis
Duidelik gekry verblind in wonder
Argeloos verdwaal
Onbetwis
Met pen en papier probeer hy beskryf
hoe ons net verder weg gaan dryf
Verlate gekyk aan 'n oorywerige
oorwaande beswyk
Teen 'n groot rooi muur het sy gesit en kreun
Verwyderd en soms sielalleen
sensitief jou dowwe blou beleid
Deur anale uitgesluit

Teen 'n groot rooi muur het sy gesit en kreun
Ver verwyderd en stoksielalleen
Teen 'n groot rooi muur het sy gesit en kreun
Ver verwyderd emosies versteen
Ek hoor jou nie,
Ons hoor jou nie.

Met pen en papier probeer hy beskryf
hoe ons net verder weg sal dryf,
Verlate gekyk, huiwerig.
Oorborge beswyk
Verstoteling
Eens verboei
'n Ontmoeting enig in sy soort.
Verewig hierdie besef
Wat ons van mekaar sal hê
>