FANDOM

1,947,289 Pages

StarIconGreen
LangIcon
Paranoia

This song is by Fokofpolisiekar.

Ek is sonder kultuur gebore
Ek bly toevallig in Afrika
Ek praat toevallig Afrikaans
Daar's baie min mense wat my verstaan

Ek sluip deur die strate
Sonder rigting
Sonder koördinate
Sondebok
Verslaaf aan massamedia
Slagoffer van prestasie-angs en...

Paranoia, paranoia
Ons bid ons bly beskut
Terwyl die duiwel aan ons vensterrame ruk
'N Lewe met paranoia, paranoia
Afrika die vampier
Beeldskone ondier

Oorlog is kultuur
Mens teen mens
Mens teen natuur
Kom ons ignoreer maar
Wat ons in die gesig staar
Hier het ons ontstaan
En hier sal ek vergaan

My eie dood bekommer my nie
Ek is nie meer bang vir die donkerte nie
My hart klop net vinnig wanneer dit donker is
Slagoffer van prestasie-angs en...

Paranoia, paranoia
Ons bid ons bly beskut
Terwyl die duiwel aan ons vensterrame ruk
'N Lewe met paranoia, paranoia
Afrika die vampier
Beeldskone ondier

Afrika
Afrikaans
Afrikaner
Afrika die vampier
Beeldskone ondier

External links