FANDOM

1,928,234 Pages

StarIconGreen
LangIcon
​Zen

This song is by Coenie De Villiers and appears on the album Zen (2002).

Haar oë is bruin amandels
Haar hare swart soos wier
Sy skryf vir my 'n haikoe
Met 'n kwas op wit papier

Haar mond is 'n rooi papawer
Haar tande wit en klein
Haar voete en haar hande
Is wit soos porselein

Die draak op haar kimono
Is al wat sy besit
"Ek het niks, en niks het my nie"
sê sy wat eenkant sit

Sy's 'n raaisel sonder antwoord
Sy's onmoontlik om te ken
Sy's die weerkaatsing in 'n spieël
Sy's onmiskenbaar zen

Haar vel is glad soos marmer
Die kleur van neutmuskaat
Haar glimlag is onpeilbaar
Sonder liefde, sonder haat

Sy lees die Kama Sutra
En lag dan in haar mou
Sê - as jy daarna uitvra -
"Ek kon as ek net wou"

Ek vermoed haar naam is Lotus
Maar wie sal werklik weet?
Sy lag as mens haar uitvra
Sê sy't haar naam vergeet

Sy's 'n raaisel sonder antwoord
Sy's onmoontlik om te ken
Sy's die weerkaatsing in 'n spieël
Sy's onmiskenbaar zen