FANDOM

1,940,285 Pages

StarIconGreen
LangIcon
Toe Ek Nog Maar

This song is by Coenie De Villiers and appears on the album Solo (1997).

Toe ek nog maar 'n kind was
was die wêreld skoon en oop;
was seisone almal somer,
het die jare stil verloop

Toe ek nog maar 'n kind was
was lemoene soet soos stroop;
kon mens met net drie klippies
'n koets met perde koop

(koor)
Die dae was lank en warm
en die nagte vol van hoop
dat jy anderkant die môre
weer kaalvoet sou kon loop

Maar nou, nou is ek ouer
en die son word elke dag kouer
Daarom bly ek hier by jou
waar jy my vas teen jou kan hou
en ek weer, vir net 'n oomblik, kind
kan wees

Toe ek nog maar 'n kind was
was die maan 'n silwer bal
wat silwerblink en stadig
deur die donker hemel val

Toe ek nog maar 'n kind was
was daar dorings in my voet
en ek verstaan eers jare later
wat beteken daardie bloed

(koor)

External links