FANDOM

1,940,280 Pages

StarIconGreen
LangIcon
Solo

This song is by Coenie De Villiers and appears on the album Solo (1997).

Aan die einde van my dae
sing ek 'n laaste melodie
gestroop en sonder strykers
ontdaan van harmonie;
Selfs die ou bekende klawers
van die klavier moet ek ontbeer
daar's net Een wat na my luister,
wat my kan hoor - en dis my Heer

(koor)
Want die mens bedink 'n tjello
laat die viool se snare tril
maar instrumente gaan verlore
en word uiteindelik tog stil
Ja, die stemvurk van die siel
wat deur die hart se snare sing
het slegs 'n solo melodie
wat aan Sy voete hulde bring

Weg is die beligting
die applous van 'n gehoor
Daar is hier geen dirigent nie -
die libretto reeds verloor;
Die donker ouditorium
het sitplek slegs vir Een:
op die verhoog 'n enkel kollig
waar ek optree vir Sy seën

(koor)

Om 'n laaste lied te sing
voor die gordyn vir oulaas val
om te weet die musikante
en instrumente het verval;
om uiteindelik te luister
hoe jy werklik vir Hom klink
is om te weet waar jy tekort skiet -
wat die Meester werklik dink

(koor)

External links