FANDOM

1,947,524 Pages

StarIconGreen
LangIcon
Ondanks Alles

This song is by Coenie De Villiers and appears on the album Zen (2002).

As die virus in my lyf
My laat boet vir sy verblyf
En my klein maak, krom en broos
Is jy nog daar om my te troos?

As my pas wou stadig word
En jy weet my lewe's kort
As jy die tekens aan my lees
Sou jy nog daar vir my kon wees?
Ondanks alles...

Dan sou ek, bevry, vir oulaas
My vlerke sprei
My van alle bande losmaak
En ondanks alles by jou bly

As die virus in my lyf
My laat boet vir sy verblyf
As my kragte daagliks taan
Sal jy steeds langs my bly staan?

As my glimlag stilweg kwyn
En my stem oplaas verdwyn
As die mense my vermy
Sou jy steeds by my kon bly?
Ondanks alles...

Dan sou ek, bevry, vir oulaas
My vlerke sprei
My van alle bande losmaak
En ondanks alles by jou bly

As die virus in my lyf
My laat boet vir sy verblyf
As my oë vir oulaas sluit
Bly jy die skipper van my skuit
Sal jy steeds by my kon bly?
Ondanks alles...

External links