FANDOM

1,953,403 Pages

StarIconGreen
LangIcon
Niemandsland

This song is by Coenie De Villiers and appears on the album Zen (2002).

Jou reëls kan my nie bind nie
Ek's 'n bedoeïen op reis
Geen status maak meer saak nie
Want die wêreld is my huis

In my Niemandsland is almal vry
Word grense geïgnoreer
Word elk' burokraat bloot afgelag
sonder teëspraak of verweer

Ek's 'n burger van die wêreld
Ek bewoon 'n Niemandsland
Sonder wette, sonder grense,
Ek's aan elke mens verwant
Ek's Sjinees, Kubaans en Russies
- my paspoort is verpand
maak nie saak van waar jy kyk nie:
ek bly aan die ander kant
in my Niemandsland

Vandag is ek 'n Arabier
Selfs 'n wandelende Jood
Waar ek woon is daar geen oorlog nie
Elke kind het melk en brood

Daar's geen regbank waar ek woon nie,
en geen oordeel hier wat geld nie
Daar's geen koerante wat met nydigheid
Elke oortreding meld nie

Ek's 'n burger van die wêreld
Ek bewoon 'n Niemandsland
Sonder wette, sonder grense,
Ek's aan elke mens verwant
Ek's Sjinees, Kubaans en Russies
- my paspoort is verpand
maak nie saak van waar jy kyk nie:
ek bly aan die ander kant
in my Niemandsland

Hier kan ek my mantel draai
Doen waarna ek voel
Doen waarvoor ek lus het
Sonder meesterplan of doel

External links