FANDOM

1,941,452 Pages

StarIconGreen
LangIcon
My Kind

This song is by Coenie De Villiers and appears on the album Zen (2002).

Ek vertel vir jou 'n storie
Waar jy stil en droomloos dryf
In die knus en warm kamer
Van jou ma se ronde lyf

En dan, as jy gebore word
Plaas ek my vinger in jou vuis
Hoor hoe jy saggies asemhaal
En ek weet jy's eindelik tuis

Jy is been van my gebeente
Jou vlees is van my vlees
En as jy ooit sou weggaan
Word ek weer oombliklik wees
Maar nou is jy hier by my
Jy maak my wêreld heel
En ek weet daar is 'n hemel
Bereid om jou te deel
Al is dit net 'n interim
Al is die tyd hoe kort
Vir nou kan ek met jou saamloop
Sien wie jy werklik word

Jy's perfek gemaak en afgerond
gereed vir jou verblyf
Met jou tien volmaakte vingers
en tone aan jou lyf

Jou hande lyk op myne
En jou oë word ook so grys
Soos my oë as ek bang word
Maar te trots om iets te wys

Jy is been van my gebeente
Jou vlees is van my vlees
En as jy ooit sou weggaan
Word ek weer oombliklik wees
Maar nou is jy hier by my
Jy maak my wêreld heel
En ek weet daar is 'n hemel
Bereid om jou te deel
Al is dit net 'n interim
Al is die tyd hoe kort
Vir nou kan ek met jou saamloop
Sien wie jy werklik word

External links