FANDOM

1,928,325 Pages

StarIconGreen
LangIcon
​Liedjie Vir 'n Vrou

This song is by Coenie De Villiers and appears on the album Solo (1997).

Om oor die dood te sing
is maklk, lief -
hy leen hom tot 'n lied
Sy musiek is swaar en somber
soos net 'n dodemars gebied

Die liefde? Wel, wat kan ek sê
musiek maak tog meer sin
akkoorde vorm maklik
wanneer die hart bemin

Maar om oor jou te sing is anders
die melodie workd skielik stil
die warmte van woorde
word onverklaarbaar kil

Want daar bestaan geen modulasie
wat jou asem kan omskryf nie
geen ritme of skandering
vir die kurwes van jou lyf nie
Ja, retoriek word stom, my lief,
en klank moet hom weerhou
soos ek - ook woordeloos gelaat -
voor die deernis van 'n vrou