FANDOM

1,928,376 Pages

StarIconGreen
LangIcon
​Hoe

This song is by Coenie De Villiers and appears on the album Solo (1997).

Sawens as die son gaan lê
en ek klop-klop aan jou kluis
word jou asem straks die suidewind,
die see se sout geruis

Smôrens word jy wakker
en jou glimlag sê jy weet
van die nag se soet geheime,
die donkerte se sweet

(koor)
Hoe vertel mens aan'n blinde
hoe lyk die lug se blou;
Hoe bring 'n somber kardinaal
'm sondaar tot berou;
Hoe sê mens dit eenvoudig
dat selfs jy dit sal onthou
Hoe sê mens sonder teëspraak
dat ek baie, baie van jou hou

Snags word ek ontdekker,
proe die skulpe aan jou kus
in jou soetste alikreukel
kom ek eindelik tot rus

En ounag, as die duister
nogvir oulaas donker is
verken ek graag 'n ander land;
jou kontoere met my hand

(koor)
Hoe vertel mens aan 'n dowe
hoe klink 'n madrigaal;
Hoe weet 'n nuwe minnaar
dat die liefde dikwels faal;
Hoe sê mens dit eenvoudig
dat selfs jy dit sal onthou
Hoe sê mens sonder teëspraak
dat ek baie, baie van jou hou