FANDOM

1,928,115 Pages

StarIconGreen
LangIcon
​Die Museum

This song is by Coenie De Villiers and appears on the album Solo (1997).

Hier is die museum
onder ligte, agter glas
vertoon hul al waat oorbly
van wat eens 'n oerwoud was

Hier staan'n enkel wilger
wat vir oulaas nog kan treur
oor herinnerings aan water
waarteen so 'n boom kon beur

(koor)
Daar was eens miljoene bome
Die planeet was immergroen
of so het iedereen gedink:
kyk wat het die mens gedoen
Hier skuil daar bome agter glas,
kan 'n kind vir oulaas sien
hoe groen die wêreld eerstyds was
in die museum se blikkantien

Daar leun 'n varing vorentoe
om sy spore te verpsrei
hoe kwistig ook sy saad is
die oerwoud is verby

in hierdie tenk is daar nog wel
'n enkel seebamboes
die res is reeds deur diesel
of deur olieslik verwoes

(koor)
En kyk: hier is jou waarlikwaar
'n enkel groen liaan
waar hy eens aan 'n taak kon druip
het die ander reeds vergaan

Hier staan 'n laaste kremetart
selfs hy moes swig voor tyd;
hulle noem dit toe vooruitgang
maar nou noem ons dit spyt

(koor)