FANDOM

1,927,889 Pages

StarIconGreen
LangIcon
​By Jou

This song is by Coenie De Villiers and appears on the album Zen (2002).

By jou is ek nie bang nie
Maak dit alles tog weer sin
By jou is nagte veels te kort
En gemaak om te bemin

By jou dra ek nie maskers nie
Kan ek wees net wie ek is
En stroop ek elke laag af
Van die lewe se vernis

By jou word elke bloekombos
'n orkes van duisend fluite
wat soet en sag musiek maak
in die suidewind daar buite

By jou sien ek die Noorderlig
In die son wat sawens sak
Word die sommerreën nóg mooier
As dit snags val op my dak

By jou ken ek die antwoord
Op die vrae wat almal vra
Word my las meteens tóg ligter
Word dit maklik om te dra

By jou word elke bloekombos
'n orkes van duisend fluite
wat soet en sag musiek maak
in die suidewind daar buite