FANDOM

1,941,052 Pages

StarIconGreen
LangIcon
As

This song is by Coenie De Villiers and appears on the album Solo (1997).

As die son sou ophou beur
teen die rotse van die kus
en die rustelose wolke
bo die horison sou rus
as die pendulum sou aarsel
en vir ewig ophou swaai,
die planete in hul wentelbaan
geruisloos ophou draai

(koor)
Bly my liefde onveranderd
word my hart 'n erdekruik
wat jy elke dag kan volmaak
en bewaar vir jou gebruik

As die breë en diep rivier
skielik stol en ophou vloei;
Die ranonkels in my voortuin
nog vir oulaas eenmaal bloei
As die son oplaas sy hitte
Teen die middaguur sou blus
en die pyn van menseharte
in die noodlot wou berus

(koor)

As die klok meteens die ure
na soveel eeue ophou tel
en 'n ma teen skemeraand
haar oor 'n kind kon ophou kwel
As die wintervuur se kole
skielik kwyn en ophou gloei
en die man daar teen die dwarshout
se twee hande ophou bloei

(koor)

External links