FANDOM

1,927,493 Pages

StarIconGreen
LangIcon
​Alles Wat Leef

This song is by Coenie De Villiers and appears on the album Zen (2002).

Alles wat leef moet eendag sterf
'n Blom, 'n boom, selfs die hoogste berg
moet eendag voor die winde swig
en vlakte word - dis die tyd se plig

So word die bos se blare molm
Word 'n stomp gebrand in vuur
So word sneeu weer immers water
Ja, daar's min wat langer duur

Dus skryf ek teen die donker in
Elke woord word 'n nuwe begin
Want jy sien, opsluit is 'n song uit jou pen
'n manier om die dood te ken,
'n manier om tyd te wen

Op die keper beskou is die son reeds oud
oor die gang van tyd word hy klein en koud
Al wat is, gaan eendag dood
Selfs die vrug in 'n vrou se skoot

So is dit selfs met die liefde
Wie wil glo dat dit eendag taan?
Dit maak die liefde juis kosbaar
As jy weet dat ook dit vergaan

Dus skryf ek teen die donker in
Elke woord word 'n nuwe begin
Want jy sien, opsluit is 'n song uit jou pen
'n manier om die dood te ken,
'n manier om tyd te wen