Wikia

LyricWiki

Coenie De Villiers:Engel

Talk0
2,366,664pages on
this wiki
Coenie De Villiers
StarIconGreen
This song is performed by Coenie De Villiers.
As ek laataand terugkeer huis toe
Loop daar 'n engel voor my uit
Hy ken my hart se kronkels
En my dag se bitter buit
Hy luister na my voetval
Wat deur die strate klink
En telkens as ek struikel
Sal hy my huis toe wink

Hy bewaar my teen die onheil
En troos my teen die pyn
Tot hy saggies skuins voor dagbreek
In die dagluimer verdwyn
Maar klokslag teen die skemer
Hoor ek hom fluister voor die deur
"Kom, laat my jou beskerm,
teen wat snags met mens gebeur..."

Hy't 'n jas wat blink soos maanlig
Op die water van 'n meer
En vlerke wyd en witter
As 'n albatros se veer
Ek is dus nooit alleen nie
Al is my deur gegrendel
Teen die wêreld en teen mense
Wat om my woning wentel

Hy bewaar my teen die onheil
En troos my teen die pyn
Tot hy saggies skuins voor dagbreek
In die dagluimer verdwyn
Maar klokslag teen die skemer
Hoor ek hom fluister voor die deur
"Kom, laat my jou beskerm,
teen wat snags met mens gebeur..."
Advertisement | Your ad here

Photos

Add a Photo
108,436photos on this wiki
See all photos >

Recent Wiki Activity

See more >

Around Wikia's network

Random Wiki